Upcoming Events
There are no upcoming events currently scheduled.
More Events->
header2.png
Home arrow Media arrow Media Releases arrow ROOIBOS DEUR GESONDHEIDSGURU PATRICK HOLFORD GEPRYS
ROOIBOS DEUR GESONDHEIDSGURU PATRICK HOLFORD GEPRYS Print E-mail
30 November 2009

Die dieetkundige en bekroonde skrywer Patrick Holford gee Rooibos heelwat pluimpies in sy jongste boek, The 10 Secrets of 100% Healthy People: The Groundbreaking Guide to Transforming your Health. Holford beklemtoon die gesondheidsvoordele van Rooibos in twee van sy 16 goue dieetreëls. Persvrystelling – Vir onmiddellike vrystelling

Rooibos deur gesondheidsguru Patrick Holford geprys

Die dieetkundige en bekroonde internasionale skrywer Patrick Holford gee Suid Afrika se eie Rooibostee heelwat pluimpies in sy jongste boek. The 10 Secrets of 100% Healthy People: The Groundbreaking Guide to Transforming your Health is die resultaat van drie dekades se navorsing en die daaropvolgende insig in die dieet- en lewenstylgewoontes van fisies en psigologies gesonde mense.

Holford, wat tans deur Suid-Afrika toer vir die wêreldwye bekendstelling van sy jongste boek, beklemtoon die gesondheidsvoordele van Rooibos in twee van sy 16 goue dieetreëls, naamlik om kafeïen te vermy en jou liggaam te hidreer.

Vermy kafeïen
“Kafeïen dra eintlik by tot moegheid. ’n Onlangse studie het getoon dat nie-kafeïengebruikers meer op en wakker was as diegene wat van hul daaglikse oggendtroos afhanklik is. Wat die studie geopenbaar het, is dat koffie baie goed is vir die behandeling van die onttrekkingsimptome van kafeïen. Hoe meer kafeïen jy inneem, hoe moeër word jy. Jy sal vind dat jy meer energie het indien jy kafeïen uitsny. Rooibostee is ’n puik plaasvervanger vir jou oggendkoppie. Dit is ongelooflik hoog in anti-oksidante en heeltemal kafeïenvry,” sê Holford.

Drink meer water of kruietee
“Al doen jy niks anders nie,” beveel Holford aan, “is een van die beste dinge wat jy kan doen om jou gesondheid te verbeter, om eenvoudig meer water of kruietee te drink. Indien jy slegs drink wanneer jy dors is, het jy reeds ontwater en ly jou liggaam as ’n gevolg. Kroniese moegheid, hoofpyn, droë vel en droë gewrigte wat jou styf en vol krankemente laat, is maar ’n paar van die simptome. Die grootste probleem is egter hardlywigheid, wat hoofsaaklik die gevolg is van te min water.”

Holford stel voor dat mens daagliks 6 tot 8 glase water of kruietee drink, met Rooibos as een van sy sterkste aanbevelings. Rooibos is net so doeltreffend vir die hidrering van die liggaam as water, maar het al die bykomende bewese eienskappe dat dit ook kanker beveg, riskio vir hartsiektes verminder en veroudering vertraag – voordele wat water jou nie kan bied nie.
Holford oor Rooibos
Holford sê die volgende: “Aangesien Rooibostee van nature kafeïenvry is, is dit nie nodig om dit te behandel om die kafeïene te verwyder nie, en dus bly al die gesonde polifenole behoue. Die ander eienskap wat Rooibos van ander teesoorte onderskei, is sy lae tannien-inhoud. Tanniene is die polifenole in swart en groen tee wat vir hul skerp smaak verantwoordelik is. Aangesien Rooibos minder tannien bevat, het dit ’n veel gladder en matiger smaak – ongeag van hoe lank jy dit laat trek. Die uiters kragtige anti-oksidante in Rooibos beskerm jou liggaam teen vrye radikale. Die anti-oksidante in Rooibos word polifenole genoem. Dis die catechins in die polifenole wat jou algehele gesondheid steun en jou immuunstelsel versterk. Hierdie anti-oksidante verlaag verder bloedvetvlakke, wat op sy beurt help om normale cholesterolvlakke te handhaaf.”

_________________________________________________________________________________

Meer oor die Suid-Afrikaanse Rooibosraad en Rooibos
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is in April 2005 gestig as ‘n nie-winsgewende organisasie wat plaaslik en internasionaal na die belange van Rooibos omsien. Vind meer uit oor die gesondheidskenmerke en veelsydige gebruike van Rooibos by www.sarooibos.org.za

Uitgereik deur:
Eclipse Public Relations
Tel & Fax: (021) 552 4282

Namens:
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad
www.sarooibos.org.za
 
< Prev   Next >